Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

28 January 2010

Sannie se nuwe boyfriend

Kleinboet: "Pa, ek dink Sannie se nuwe kêrel is 'n Gangster"

Pa: "Wat! Hoekom sê jy so?"

Kleinboet: "Ek het gehoor hy fluister vir haar: Ek gaan jou vanaand ... goed steek"!!!

27 January 2010

03 December 2009

MAKLIKE KERSKOEK RESEPPIE'TJIE

(Hierdie is die maklikste resep ooit!)

Bestanddele:
1 Koppie Water
1 Teelepel Koeksoda
1 Koppie Suiker
1 Teelepel Sout
1 Koppie Bruin Suiker
Suurlemoensap
4 Groot Eiers
Neute
1 Bottel Brandewyn
2 Koppies droë Vrugte
***

Metode:
Proe die Brandewyn om die gehalte te toets.
Neem 'n groot mengbak en proe die Brandewyn.
Maak seker dis die beste gehalte, skink een koppie vol en drink dit. Herhaal.
Skakel die menger aan. Klits een koppie botter in 'n donsige bak.
Voeg 'n teelepel suiker by. Klits weer.
Maak seker die Brandwyn is sjteeds goed.
Drink nog 'n koppie vir die wisen onwis.
Skakel die menger af.
Breek twee eiers, gooi dit en die droëvrugte by. Tel die vrugte van die vloer af op. Meng die skakelaar aan.
As die droëvrugte vassjit, sjkroewedraaier dit losj.
Proe die Brandewyn vir gifterigheid. Sif nou twee koppies sout of so iets. Wie gee om?
Proe die Brandewyn. Sif die suurlemoenspa, dreineer dei neuter en gooi 'n tafel by.
Dan een lepel sjuiker, of sjo ietsj. Wat jy ook al kankry.
Smjeer die oond.
Draai die koekpan 360°en moenie val nie.
Menger die afskakel.
Gooi die bak deurrie venster en drunkie laasjte Brandewyn op.

Gekersde Seënfees!!!!

23 November 2009

Een vuurvliegie aan ‘n ander...

... "Ek moet darem nou vinnig ‘n bril kry, ek het nou amper n sigaret gespyker!"

12 November 2009

Nederlandse Hoenderkos!

“Opfok” beteken "grootmaak" of "groei" in Nederlands.
Ek soek sommer 'n paar sakke - Ek ken 'n paar mense wat ek wil "grootmaak"!!