26 May 2008

Stupid vrae

So tydjie gelede het ek 'n stuk geskryf oor mense wat stupid vrae vra. Dit werk op my galblaas, en ek vererg myself sommer reguit in 'n sarkastiese spasm in. Nou die allerdaagse stupid vrae:

Vraag: Kan ek jou toilet gebruik?
Andwoord: Nee, gaan kak buite in die bos.

Vraag: Kan ek 'n glas water kry?
Andwoord: Nee, gaan drink water buite uit die hond se bak, reg langs die bos waar jy gekak het.

Vraag: Kan ek 'n sigaret steel?
Andwoord: WTF??? As jy vra is dit nie steel nie, en ek wil nou wragtig nie die ou wees wat jou hel toe stuur vir diefstal nie, so DE, vat tog maar een van myne. (Onderlangs- IRK)

Vraag (terwyl jy koud kry): Kry jy koud?
Andwoord: Nee, ek is eintlik 'n undercover spastiese dikderm.

Vraag (terwyl jy buite aan jou stokkie trek): Haai rook jy?
Andwoord: Nee ek rook nie - die sigaret is net vir effek!

Vraag (as die foon lui 2uur in die oggend): Is jy wakker/ of Het ek jou wakker gemaak? Andwoord: *&^%%$$^&&** en jou ma ook man!

Maar wag, die ultimate was ek mos nou onlangs gevra: My HUIS telefoon lui. Vriendin aan die anderkant vra vir my.. 'Is jy by die huis?'
Andwoord: Nee, jy't die verkeerde nommer gebel. Ek het ingebreek, verby geloop en die f*kken foon geantwoord!!

MENSE!!! DINK voor julle 'n kak vraag vra!!! Asseblief

1 comment:

Anonymous said...

Hoekom nie:)